肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
GSL-studente in diens aan plaaslike gemeenskap
Outeur: Daniel Bugan
Gepubliseer: 26/06/2024

?Die leerders by die Primêre Skool Nondzame op Pniel baljaar nou op 'n volledig toegeruste speelterrein danksy 'n ruimhartige groep studente wat in die eerste semester deelgeneem het aan die Universiteit Stellenbosch (US) se Globale Diensleer- (GDL-)program. Die GDL-klas het onder meer studente van die Amerikaanse Instituut vir Buitelandse Studie (AIFS) ingesluit.

GDL is 'n ervaringsleerprogram van die US se Sentrum vir Globale Skakeling wat deelnemers in staat stel om deur gemeenskapskakeling hulle vaardighede as wêreldburgers te ontwikkel en hulle begrip van Suid-Afrika se geskiedenis én die hedendaagse lewe in die land uit te brei. Dit word in samewerking met Boschendal-landgoed se Onderwysportefeulje aangebied, waarvan die Excelsior Kleuter- en Bewaarskool deel uitmaak. Van 19 Februarie tot 16 Mei het die studente Maandae en Woensdae klas bygewoon en op Dinsdae en Donderdae aan gemeenskapskakeling deelgeneem.

Altesaam 21 studente van Amerika, Duitsland, Oostenryk, Nederland, Frankryk en Finland was deel van die GDL-klas wat as vrywilligers by die Excelsior Kleuter- en Bewaarskool sowel as die primêre skole Nondzame en Pniel gewerk het. Hulle het meestal as klaskamerhulpe en kantoorassistente opgetree, en het hoofsaaklik stories gelees, kort lesse help aanbied, plakkate gemaak, die leerders gehelp, met hulle gesels, en saam sport gespeel.

Rachel Erben, 'n AIFS-student wat Politieke Wetenskap aan die College of Saint Benedict & Saint John's 肆客足球 in Minnesota, Verenigde State, studeer, was een van die studentevrywilligers. “Dit was van die eerste dag af by Nondzame al duidelik dat die skool nie ál die voorraad of hulpbronne ontvang wat hulle nodig het nie," sê Erben. “Ons het met die idee begin speel om op die een of ander manier te help, hetsy deur self in te spring of deur 'n skenking. Van die studente het aangebied om sekere voorraaditems aan te koop, en ek het selfs in Maart aan 'n boekinsameling gewerk."

Maar dit was die speelterrein-idee wat uiteindelik vlamgevat het. “Toe ons die idee gekry het om vir die skool geld in te samel, het ons seker gemaak dat ons met die onderwysers praat oor wat die skool werklik nodig het eerder as om net aannames te maak," verduidelik Erben. “Die skoolhoof, me Mthwa, het verduidelik dat 'n speelterrein goed sou wees vir die kinders se ontwikkeling, want die skool het nie enige struktuur gehad waarop die leerders kon speel nie. Sy het vir my gesê: 'Selfs al kan julle net vir ons 'n glyplank kry, sal dit fantasties wees.' Ek het dadelik geweet ek wil ho?r mik as 'n glyplank. En dís hoe die bal aan die rol gesit is."

Sy voeg by: “?l die studente in die GDL-klas, waaronder dié van AIFS, het geld ingesamel vir die speelterrein. Ons het die geld deur PayPal ingesamel, en familie en vriende het skenkings gestuur." Die studente het uiteindelik meer as R28 000 bymekaargemaak, wat genoeg was om 'n speelterrein te bou en 175 boeke, voorraad soos notaboeke, potlode, kunsbenodigdhede, Engels/Xhosa-woordeboeke én 'n sokkerdoelhok aan die skool te skenk.

Die speelterrein, wat op 10 Junie amptelik bekend gestel is, bestaan uit een hoofklimraamstruktuur met swaaie, 'n platform, 'n klouterplank, glyplank en hangbalke. Daar is ook 'n afsonderlike buitebandswaai vir die ouer kinders.

“Die GDL-klas was vir my persoonlik 'n manier om my selfs verder in die plaaslike gemeenskap te verdiep en buite die Universiteit betrokke te raak," sê Erben. “Ek glo ons het 'n verantwoordelikheid om meer uit te vind oor die gemeenskap rondom ons, om dieper te delf as net die mooi en die lekker, om te leer van plaaslike kwessies en hoe dit mense raak. Die klas het ons 'n uiters praktiese blik op die onderwysstelsel in Suid-Afrika gebied."

Ellen Block, 'n medeprofessor in Antropologie aan die College of Saint Benedict & Saint John's 肆客足球, het haar instelling se studente op hulle besoek aan Stellenbosch vergesel. “Ek is so trots op hierdie studente wat 'n behoefte raakgesien en toe gemobiliseer het om iets daaraan te doen," sê Block. “Hulle het dit nie vir punte of enige erkenning gedoen nie. Hulle wou werklik net iets doen wat die leerders vir nog lank sou baat. Omdat die GDL-klas uit studente van oor die hele wêreld bestaan het, was dit wonderlik om skenkings uit alle oorde te sien instroom."

Volgens Janet Baxter, hoof van Onderwys by Boschendal, was vanjaar die eerste keer wat hulle die ervaringsleerprogram ook na die primêre skole Nondzame en Pniel benewens Excelsior Kleuter- en Bewaarskool kon uitbrei. “Die GDL- en AIFS-studentekohorte het werklik begryp hoe belangrik dit is om op voetsoolvlak te werk, en hoe skynbaar klein gebare 'n diepgaande invloed kon hê op die leerders en onderwysers met wie hulle saamgewerk het," sê Baxter. “Die verhouding tussen Boschendal Onderwys, GDL en AIFS het oor die jare ál hoe meer impakryk geword, en ons sien daarna uit om die werk in die gemeenskap saam met ons vennote by die US voort te sit."