肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Stellenbosse kriminoloog deel van nuwe INTERPOL Toekomsraad
Outeur: Article by Asanda Alex Plaatjies and Dr Guy Lamb
Gepubliseer: 06/06/2024

?Dr Guy Lamb van die Departement Politieke Wetenskap aan die Universiteit Stellenbosch het 'n uitnodiging aanvaar om hom aan te sluit by die Toekomsraad van die Internasionale Misdaad-polisieorganisasie, oftewel INTERPOL.

Dít volg na die aanvaarding van 'n resolusie by INTERPOL se Algemene Vergadering aan die einde van 2023 in Wene, Oostenryk, om 'n ho?vlakraad van deskundiges saam te stel om te sorg dat die verdere implementering van die organisasie se Visie 2030 in die wetstoepassingsbehoeftes van alle INTERPOL-lidlande voorsien. Die Toekomsraad sal uit sowat agt kenners oor misdaadvoorkoming en -polisi?ring uit alle wêrelddele bestaan. Dít is 'n beduidende ontwikkeling omdat polisieorganisasies gewoonlik verkies om intern advies te bekom eerder as om by eksterne kenners om hulp aan te klop.

“As 'n Suid-Afrikaner, is dit vir my 'n besondere eer dat ek genooi is om in die INTERPOL Toekomsraad te dien," sê dr Lamb. “Dit dien as 'n erkenning deur INTERPOL dat Suid-Afrika al jare lank met komplekse misdaadprobleme te kampe het, en dat ons land reeds aansienlike akademiese kundigheid op verskillende vakgebiede ontwikkel het om saam met die polisie en beleidmakers aan realistiese oplossings vir ons probleme te werk."

Die Suid-Afrikaanse regering en burgerlike samelewing het die afgelope dekades verskillende metodologie? gebruik om misdaad en geweld in die land te bestry, te verminder en te voorkom. Die regering het ook besef dat doeltreffende misdaadhantering 'n holistiese benadering verg wat die hele samelewing insluit. Dít het uiteindelik uitgeloop op die Ge?ntegreerde Misdaad- en Geweldvoorkomingstrategie (ICVPS), wat die Kabinet in 2022 goedgekeur het. Dr Lamb was 'n kernrolspeler in hierdie werk. As lid van die Nasionale Beplanningskommissie (NPC), werk hy tans saam met die regering en nieregeringsorganisasies om die mees gepaste implementeringsmetode vir die ICVPS te bepaal.

Hoewel hul name nog nie bekend is nie, sal die ander lede van die Toekomsraad waarskynlik kenners van die Amerikas, Europa en Asi? insluit. 'n Formele openbare bekendstelling van die struktuur word in Julie 2024 verwag. Die insluiting van akademici soos dr Lamb by hierdie adviesstruktuur dien as 'n erkenning deur INTERPOL dat die polisie belangrike lesse kan leer by navorsers en vakkundiges wat oor bewysgegronde insigte oor misdaad en die voorkoming daarvan beskik.

Boonop hou dr Lamb se insluiting by die Toekomsraad waardevolle geleenthede vir Suid-Afrika se stryd teen misdaad in. “Die samesprekings van die Toekomsraad en sy verbandhoudende netwerke sal uiters waardevol wees, want die uiteenlopende sienings waarmee ek te doen sal kry, sal my begrip van misdaadvoorkomingskwessies en -oplossings in ander lande uitbrei," verduidelik dr Lamb. “Ek sal dan weer daardie insigte in my navorsing en beleidsverwante werk in Suid-Afrika kan gebruik, veral deur my betrokkenheid by die NPC."

INTERPOL se visie is om die internasionale wetstoepassingsgemeenskap te verbind en sodoende 'n veiliger wêreld te skep. Dít behels onder meer die benutting van die jongste slimtegnologie? sowel as proaktiewe polisi?ring om misdaad deur internasionale samewerking te bestry en te voorkom. Die Toekomsraad sal INTERPOL van advies en aanbevelings voorsien om dié visie so doeltreffend moontlik te bereik.

?