肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Prof Pumla Gobodo-Madikizela aangewys as Templeton-pryswenner vir 2024
Outeur: Corporate Communication and Marketing / Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking
Gepubliseer: 06/06/2024

Vanjaar se wenner van die Templeton-prys is prof Pumla Gobodo-Madikizela, bekle?r van die SARChI-leerstoel in gewelddadige geskiedenisse en historiese trauma, en die stigtersdirekteur van die Sentrum vir die Studie van die Nadraai van Geweld en die Strewe na Herstel (AVReQ) aan die Universiteit Stellenbosch (US). Die toekenning vereer haar vir haar voortreflike bydrae tot akademieskap en die bevordering van kennis op die terrein van vergifnis en herstel ná trauma en geweld.

Die Templeton-prys, wat bekend is as “die wêreld se interessantste prys", word jaarliks toegeken aan individue wat akademies te werk gaan om diepliggende kwessies van menswees en die heelal te ondersoek. In 'n persverklaring oor vanjaar se wenner sê die organiseerders van die prys die volgende oor prof Gobodo-Madikizela: “In haar loopbaan as 'n vakkundige en openbare figuur het sy haar onderskei met haar werk om die skeurings wat deur die geweld van die verlede veroorsaak is te herstel en 'n pad na genesing te bou in 'n voortgesette proses wat sy 'die strewe na herstel' noem." Die voorsitter van die John Templeton-stigting, Heather Dill, voeg by: “Prof Gobodo-Madikizela se prestasies maak haar 'n leier in pogings om die ernstige sielkundige letsels van diegene wat ondenkbare verlies beleef het te verstaan."

Prof Gobodo-Madikizela is diep dankbaar vir die eerbewys. Volgens haar is dit 'n “seldsame geskenk" wat geleenthede skep om nuwe navorsingsprojekte by AVReQ te finansier, veral oor kwessies van gewelddadige geskiedenisse en herstel. “Ek wil graag meer uitvind oor hoe gewelddadige geskiedenisse so dikwels in nuwe vorme in latere generasies na vore kom, en ek wil ons begrip van die komplekse prosesse van herstel verdiep," sê sy. “Ek het nog altyd in my werk nuwe navorsingsmetodes gebruik om tot nuwe kennisgebiede by te dra. Ek hoop dat ons, as AVReQ se span akademici, navorsers en vennote, sal voortgaan om juis in hierdie uitdagende tyd lig te werp op dié belangrike intellektuele kwessie." Sy voeg by: “Ek is dankbaar dat ek die Templeton-prys kan gebruik om ons nagraadse studente en nadoktorale genote te help finansier noudat finansiering op alle vlakke aan die wegkwyn is."

Gobodo-Madikizela het onderneem om altesaam R8 miljoen van die prysgeld aan die US te skenk, wat soos volg toegeken sal word: R5 miljoen vir 'n beursskenkingsfonds wat na haar ouers, Nobantu en Tukela Gobodo, sal heet, R1 miljoen aan SUNRISE  (die US se strategiese program vir navorsings- en innovasie-uitnemendheid onder toekomstige professore), en R2 miljoen aan AVReQ. Sy hoop dat die skenking aan AVReQ verdere medefinansiering sal lok om nadoktorale genote leiers in die kennisekonomie te help word. Boonop behoort dit te help sorg dat nagraadse studente, in plaas daarvan om ekstra werk te moet aanvaar om finansieel te oorleef, eerder op hulle studie kan konsentreer en binne hulle beurstydperk kan gradueer.

Volgens prof Gobodo-Madikizela draai haar werk hoofsaaklik om humanistiese waardes, die impak van historiese trauma op verskeie generasies, en “die sielkundige en morele vereistes vir die tipe herstel waaruit maatskaplike solidariteit en 'n nuwe toekoms kan voortspruit". 

 

Mariner Classics het onlangs 'n herdruk van haar eerste boek, A Human Being Died that Night, uitgegee. “Daardie boek het 'n groot rol gespeel in die koers wat my werk sedertdien ingeslaan het," sê sy. “Dit het beslis daartoe bygedra dat ek hierdie prys kon wen. In die boek worstel ek met die gruwels en verskrikkings waarmee die mensdom gekonfronteer word, en probeer ek dit op my manier verduidelik." 

Gobodo-Madikizela se wêreldwye interdissiplinêre samewerkingsnetwerk sluit vakkundiges in saam met wie sy al as medeskrywer of -samesteller verskeie boeke die lig laat sien het oor traumanarratiewe, die nagevolge van historiese trauma oor generasies heen, en die vereistes om die traumatiese herhaling van die geskiedenis stop te sit. Die Templeton-prys volg nadat prof Gobodo-Madikizela ook in 2020 die Harry Oppenheimer-genootskapstoekenning, destyds die Oppenheimer-trust se mees prestigeryke toekenning, ontvang het.

Prof Wim de Villiers, die US se Rektor en Visekanselier, het prof Gobodo-Madikizela hartlik gelukgewens met hierdie besonderse toekenning en sy opregte waardering teenoor haar en die Templeton-stigting uitgespreek vir die diepgaande gebaar van vrygewigheid teenoor die US wat hy as diep bevestigend en nederig beskryf het.haar en die Templeton Foundation uitgespreek. 

“Hierdie toekenning toon maar net weer dat die US 'n instaatstellende omgewing is en hoe dit kan bydra tot wêreldleiers op vele terreine," sê hy.

Prof Sibusiso Moyo, die US se Viserektor: Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studie, het die nuus oor Gobodo-Madikizela se prys verwelkom: “Ek is verheug dat haar bydrae op hierdie spesiale manier erken word," sê sy. “Haar planne om 'n gedeelte van haar prysgeld aan die US te skenk getuig van haar passie vir haar werk, en haar toewyding om die volgende generasie akademici te ondersteun. Ek hoop hierdie prys inspireer die nuwe generasie vakkundiges en stel 'n selfs ho?r standaard vir uitnemende navorsing wat gekenmerk word deur ál die waardes waarvoor sy staan – uitnemendheid, deernis, verantwoordbaarheid, respek en etiek."

“Ek is absoluut verheug om persoonlik, en namens die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe, my hartlikste gelukwense aan prof Pumla Gobodo-Madikizela oor te dra," voeg prof Anthony Leysens, Dekaan van die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe, by. “Die Templeton-prys is op dieselfde vlak as die Nobelprystoekennings, maar net op die gebied van beduidende humanistiese bydraes op die kruising van spiritualiteit, godsdiens en wetenskap. Die lys van ontvangers is indrukwekkend. Prof Gobodo-Madikizela se werk het diegene ge?nspireer, en inspireer hulle steeds, wat deur hulle navorsing in die krag van die geesteswetenskappe glo om verandering teweeg te bring met die klem op wedersydse begrip, omgee, vergifnis en versoening. Hierdie toekenning erken haar prestasies en haar bydrae tot die humanistiese ideaal. Ons behoort as Suid-Afrikaners almal trots te wees."