肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
’n Dag in die lewe: Drikus Hancke
Outeur: Corporate Communications and Marketing
Gepubliseer: 20/05/2024

As hoof van rugby by Maties Sport gebruik Drikus Hancke sy diep passie vir die spel om die Maties Rugby-program te verbeter. Sy strategiese leierskap bevorder nie net ons spanne se prestasie op die veld nie, maar versterk ook die lewendige sportkultuur by die Universiteit Stellenbosch (US). Aangesien ons aan die begin van Mei Werkersdag gevier het, dra ons hierdie reeks profiele op aan ons personeel en hulle belangrike bydraes tot die Universiteit.

Wat behels jou rol by die US?

As hoof van rugby by Maties Sport is ek verantwoordelik vir die strategiese beplanning, ontwikkeling en bestuur van die Maties Rugby-program. Hierdie rol noodsaak 'n fokus om die doeltreffende funksionering van alle ho?prestasieprogramme en kampusrugbyaanbiedings binne Maties Rugby te verseker. Ek ontwikkel ook gehaltebestuurstelsels en -prosedures om strategiese doelwitte te bereik wat met die universiteit en Maties Sport se strategiese doelwitte ooreenstem. 'n Wesenlike deel van my rol behels om die klub se finansi?le volhoubaarheid te verseker, kommersi?le geleenthede te soek en gesonde hulpbronbestuur te verseker. Dit sluit in die bestuur van gehalte-geleenthede. Saam met my kollegas verseker ek dat ons programme oor al die nodige hulpbronne en goeie bestuurstelsels beskik om prestasie op die veld te behaal. Al hierdie funksies en besluite word met gesonde bestuur as rigsnoer geneem.

Hoe verloop jou tipiese dag by die werk?

My daaglikse roetine wissel aansienlik na gelang van die tyd van die jaar. My dae is gevul met vergaderings en beplanning tydens die Varsitybeker- en ander toernooie. Ek skakel ook met interne en eksterne belanghebbendes om saam te werk aan projekte of maniere te bespreek om aanbiedinge of prestasie op en van die veld af te verbeter. Buiten toernooie doen ons deeglike ontledings om gebiede vir verbetering te identifiseer. Ons leer uit elke geleentheid en streef daarna om jaarliks te verbeter en werk altyd aan ons langtermyndoelwitte. Die groter Universiteitstruktuur voorsien ons van die nodige kapasiteit en kundigheid, en vergaderings vir langtermynbeplanning word ook gedurende hierdie tyd geskeduleer.

Begroting en finansi?le bestuur word in hierdie tydperke geprioritiseer om te verseker dat dit met ons finansi?le doelwitte ooreenstem. Ek hou toesig oor die verloop van sake op wedstryddae, en een van die lekkerste goed in my dag is om na die wedstryde te kyk. Die wedstryde is die mees kritieke raakpunte met die spelers en afrigters en lewer die belangrikste opbrengs op ons werk. Ná die wedstryde hou ek weeklikse vergaderings met die afrigters om vorige en komende wedstryde te bespreek. Ekstern het ons noodsaaklike belanghebbendes soos ons federasie, alumni, borge, donateurs, munisipaliteit en die klubbestuurstruktuur. Vergaderings met hierdie belanghebbendes word dikwels in my dagboek geskeduleer.

Hoe het jou opleiding of vorige ondervinding jou vir hierdie werk voorberei?

Ek is 'n alumnus, het veertien jaar lank professionele rugby gespeel en kom van Uitenhage. Om 'n alumnus te wees, help my om die student se perspektief te verstaan, al het baie verander. Vir die grootste deel van my rugbyloopbaan het ek vir Montpellier in Frankryk gespeel. Hierdie ervaring het my baie geleer oor ho?prestasie-omgewings en hoe om diversiteit as voordeel aan te wend. Ons span het in 'n stadium tien nasionaliteite gehad, en hierdie tydperk was die suksesvolste vir die klub.

Om van Uitenhage af te kom en in 'n hoofsaaklik landelike omgewing groot te word, het my baie perspektief gegee oor waar mense vandaan kom. Ek wil hulle standpunte verstaan en die waarde daarvan insien, selfs al verskil dit van myne.

Ek het ná my rugbyloopbaan 'n entrepreneur geword en sakebestuur studeer. Om 'n entrepreneur te wees, leer jou baie. Hierdie tyd en my rugbyloopbaan het my die waarde geleer om verantwoordelikheid vir jou rol te neem, maar om die waarde van 'n span en spanwerk te verstaan. Deel van ons visie by Maties Rugby is om te verseker dat ons 'n moderne, relevante klub is, en om 'n entrepreneur te wees, het my die vaardighede gegee om stelsels aan te pas en te herontwerp om dit te verseker. My studie het my in staat gestel om belangrike kennis op te doen oor hoe om 'n goeie leier te wees en om dit met mense uit ander bedrywe te deel.

Wat is vir jou die lekkerste deel van jou rol en werk by die US?

Ek put groot vreugde daaruit om saam met my kollegas en die studente te werk. Ons is 'n baie vasberade span by Maties Sport en Maties Rugby en streef daarna om voortdurend te verbeter. Die studente hou my voete op die grond en besorg my baie glimlagte.

Ek ontmoet ook talle wonderlike en hoogs bekwame mense wat my inspireer en motiveer. Ek geniet dit om met leierskap en kollegas in gesprek te tree om idees uit te ruil of uit hulle ervarings te leer. Om in die Danie Craven-stadion te staan en die studente te hoor sing en kyk hoe die Maroenmasjien goed speel, is my grootste genot.

Ons werk in so 'n pragtige omgewing; Ek hoor gereeld dat dit een van die mooiste plekke ter wêreld moet wees. Nog 'n genotvolle deel van my dag is om met oud-spanmaats te skakel. Ek sien hulle gereeld, aangesien hulle steeds baie trots en betrokke is by die rugbyklub. Ek het baie passie vir sport, die klub en die Universiteit. Ek geniet ook die sake- en kommersi?le kant van sport en geniet my rol baie.

Vertel ons iets opwindends oor jouself wat min mense sou verwag?

Ek baie van lees en soek gereeld nuwe boeke of artikels waaruit ek iets kan leer. Ek hou van die buitelewe, fietsry of hardloop, gewoonlik saam met my gesin of vriende. Ek geniet dit ook om te hengel. Ek het geleer om met kunsvlie? te hengel in Frankryk, en dit is 'n liefde wat ek graag meer gereeld wil uitleef. Om saam met my gesin of vir werk te reis, is nog iets wat ek geniet, en ek soek altyd geleenthede om dit te doen.

FOTO: Stefan Els