肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Akademie vir Wetenskap en Kuns versoek nominasies vir Jan H Maraisprys 2024
Outeur: CCMD (Martin Viljoen)
Gepubliseer: 17/05/2024

Die Jan H Maraisprys verleen erkenning aan 'n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal deur werk en publikasies op ho? vlak en gehalte in Afrikaans. Dit kan aan ? instansie of individu toegeken word. Die Jan H Maraisprys, vanjaar 10 jaar oud, is die grootste prys vir prestasie in Afrikaans met prysgeld van R750 000.

“Jan Henoch Marais (1860-1915) ondersteun as liefhebber van Afrikaans in lewe en in sy testamentêre nalatenskap die uitbou van Afrikaans as akademiese en literêre taal. As gevolg van sy finansi?le ondersteuning ontstaan Die Burger, die Universiteit Stellenbosch en die Het Jan Marais Nationale Fonds," vertel dr Linda Brink, Ko?rdineerder: Projekte, van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (die Akademie). “Uit erkentlikheid vir sy erns met Afrikaans se ho?r funksies en die ontstaan van die drie entiteite, borg die Universiteit Stellenbosch, Media24 en Het Jan Marais Nationale Fonds die Jan H Maraisprys."

Keuring vind plaas onder kuratorskap van die Akademie met dr Johan van Zyl as voorsitter van die keurkomitee. Die prys word op 11 September in Stellenbosch toegeken waartydens die pryswenner ook 'n beeld van Coert Steynberg ontvang.

Vorige pryswenners sluit in: Proff Hermann Giliomee, Jaap Steyn, Jan van der Watt, Marinus Wiechers, Christo van Rensburg, Fransjohan Pretorius, Jean Sonnekus, Ina Wolfaardt-Gr?be, Hennie van Coller, Rufus Gouws en Louise Viljoen.

“Om 'n soortgelyke waardige 2024-wenner te kies, benodig die Akademie benoemings. Die toekenning van die prys is afhanklik van ingeligte persone uit die Afrikaanse taalgemeenskap, onder andere lede van die Akademie, om moontlike wenners voor te stel," verduidelik Brink.

Die Akademie doen ? beroep op personeel van die US om 'n waardige wenner te nomineer.

Navrae: Dr Linda Brink by linda@akademie.co.za