肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Maties-dosent pak opdraande Comrades vir studente in nood EN gesonde breinselle
Outeur: Faculty of Science (media and communication)
Gepubliseer: 17/05/2024

?Prof Ben Loos, hoof van die Universiteit Stellenbosch (US) se Departement Fisiologiese Wetenskappe, sal die uitdagende Comrades Marathon (ook bekend as die “the ultimate human race") aanpak om geld in te samel vir natuurwetenskap-studente in nood.

Dit sal sy tweede Comrades Marathon wees, maar die eerste keer wat hy die opdraande roete sal aanpak.  

“Ek weet dit klink 'n bietjie vreemd om byna 90 km te wil hardloop vir die pret. Die roete van Durban af Pietermaritzburg toe is 'n taai ene, amper 'n hele marathonafstand wat jy opdraande hardloop. Ek is bietjie bekommerd, maar dit is waarskynlik 'n goeie ding!" het hy hierdie week gesê.

Maar benewens die feit dat hy vir studente in nood hardloop, is daar 'n ander rede hoekom hy wil fiks bly. Sy navorsingsgroep in die Departement Fisiologiese Wetenskappe by die US bestudeer die biologie en fisiologie van die sel, deur gebruik te maak van gevorderde metodes in mikroskopie en biochemie om te kan verstaan wat verkeerd loop in ons breinselle in die geval van neurodegeneratiewe siektes en kanker.

“Ons weet dat oefening die vlakke van outofagie verhoog – 'n sellulêre proses waardeur breinselle ontslae raak van beskadigde prote?ene, waardeur die risiko vir die aanvang van neurodegeneratiewe siektes soos Alzheimer se siekte, verminder word. En dit is waar my navorsingsbelangstelling en die hardlopery bymekaarkom," verduidelik hy.  

Hy hoop om minstens R20 000 in te samel: “Dit was 'n moeilike begin van die jaar vir die studente, met baie wat finansieel sukkel, dikwels omdat finansiering maar knap en boonop laat was. Hulle veerkragtigheid en deursettingsvermo? inspireer my om meer te wíl doen," sê hy.

“Ons is trots op ons studente en kyk na hulle vir nuwe idees en oplossings. Hulle doen die moeilike werk en druk hulself dikwels verder as dit wat moontlik lyk: vir 'n beter blattering, 'n beter mikrograaf, 'n nuwe benadering. En dit alles dikwels te midde van enorme persoonlike druk en finansi?le kwesbaarheid. Dít verdien om gevier te word."

Terwyl hy die Comrades Marathon se ongelooflike gees van samehorigheid geniet, is dit vir hom ook 'n viering van die lewe en 'n oorwinning oor dit wat aanvanklik onmoontlik gelyk het.

Ondersteun asseblief prof Loos se inisiatief op die GivenGain platform, waar hy sal aansluit by 'n groeiende aantal US personeellede, studente en alumni wat die #Move4Maties Comrades Marathon hardloop vir behoeftige studente.

Klik hier indien jy by die #Move4Maties Comrades Marathon WhatsApp group wil aansluit.

In April vanjaar het dr Marietjie Lutz van die US se Departement Chemie en Polimeerwetenskap R60 000 vir BSc studente ingesamel toe sy op haar bergfiets 'n uitmergelende 600 kilometer in ses dae voltooi het.

Op die foto bo: Selle tydens die proses van outofagie. Die groen vesikels in die foto is sogenaamde outofagosome – klein vesikels wat verantwoordelik is vir die verswelging  van die “vrag" wat afgebreek moet word. Hier is die sel baie aktief en in die proses om ou en beskadigde prote?ene te verwyder. Hierdie prote?ne word afgebreek in hule verskillende molekules wat dan weer beskikbaar is vir die sel om engergie te genereeer. Dis 'n baie doeltreffende herwinningsisteem aan't werk. Foto: Ben Loos