肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Politieke gesprek deur genderlens by US gefasiliteer
Outeur: Corporate Communications and Marketing
Gepubliseer: 15/05/2024

'n Betekenisvolle vergadering het verlede week by die Universiteit Stellenbosch (US) plaasgevind toe verteenwoordigers van vyf Suid-Afrikaanse politieke partye byeengekom het vir 'n in-diepte gesprek oor kwessies wat in die komende Suid-Afrikaanse verkiesing op vroue betrekking het.

Die SAAWG Gender Lens Politieke Gesprek, geko?rdineer deur Hazel Bowen, waarnemende nasionale president van die South African Association of Women Graduates (SAAWG), en gefasiliteer deur prof Amanda Gouws van die Departement Politieke Wetenskap, het lig gewerp op die deurslaggewende rol van vroue in die politiek.

Bowen het na die SAAWG se eeu-lange geskiedenis van die bevordering van vroue se opvoeding en regte verwys. Sy het klem gelê op die evolusie van die organisasie se missie na moderne uitdagings, met die fokus op lewenslange leer en die bevordering van die status van vroue in die onderwys.

Gouws het gesê sy is as politieke kommentator getref deur hoeveel die politieke arena in Suid-Afrika steeds deur mans oorheers word. “Ek het onlangs verskeie geleenthede saam met politieke partye bygewoon en daar was nie 'n enkele vrou nie. Jy kyk na die verhoog en daar is net mans. As jy hulle geslagsvrae vra, is hulle óf oningelig óf hulle is beledigend." Sy het daarop gewys dat daar vir die komende verkiesing op 29 Mei aansienlik meer vroue as mans geregistreer is  – sowat 3 miljoen meer vroue-kiesers as mans.

Prof Sibusiso Moyo, Viserektor: Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studies aan die US, het in haar openingsrede die US se rol in die bevordering van 'n platform vir betekenisvolle diskoers oor sosiale en ekonomiese uitdagings beklemtoon. “Ons strewe as 'n universiteit daarna om relevant vir die samelewing te wees. Ons wil 'n verskil maak ten opsigte van betrokkenheid en die verskaffing van platforms waar mense vrylik oor die uitdagings kan debatteer wat ons as 'n land in die gesig staar," het sy gesê.

Die geleentheid, wat in 'n vraag-en-antwoord-formaat aangebied is, het verteenwoordigers van vyf verskillende politieke partye die geleentheid gegee om hulle strategie? en beleide te deel met 'n spesifieke fokus op aspekte wat vroue bemagtig en geslagsgelykheid bevorder.

Vroue neem die leiding

Die bespreking het afgeskop met elke party wat hulle benadering tot geslagsgelykheid en bemagtiging uiteengesit het. Daar was bre? konsensus oor die belangrikheid van vroue in top leierskapsposte en die behoefte daaraan om vir vroue geleenthede te bied om opgang te maak.

Nomi Nkondlo van die ANC het voortgesette pogings bespreek om geslagsgelykheid in die party se beleid te integreer en het die ANC se historiese verbintenis tot nie-seksisme beklemtoon. Dr Annelie Lotriet het die DA se geskiedenis van vroulike leierskap uitgelig en uitgebrei oor hulle fokus om aan vroue geleenthede vir leierskap en deelname op alle vlakke te bied. Angela Sobey het gesê ActionSA het bewys hulle prioritiseer verteenwoordiging in leierskap met drie vroulike kandidate vir die premierskap. Sy het bygevoeg ActionSA het 'n gesonde mengsel van alle demografie? met jongmense en vroue wat belangrike leierskapsposisies in die party beklee.

Joy Davids het daarop gewys dat Good die enigste party is wat deur 'n vrou gelei word en dat vrouekwessies die kern van die party se beleid is. Fhatuwani Muswobi van Rise Mzansi het gesê sy word as jong vrou ge?nspireer deur die vroulike leierskap in haar party. Diversiteit in Rise Mzansi strek verder as geslag en ouderdom en sentreer bekwame en etiese leierskap, het sy opgemerk.

Die bespreking het oor verskeie kritiese temas gehandel, waaronder ekonomiese bemagtiging van vroue, veiligheid, gesondheid en onderwys. Die sprekers het die behoefte aan 'n feministiese benadering tot bestuur beklemtoon wat vroue se perspektiewe en geslagsensitiwiteit in besluitneming prioritiseer. Hulle het ook beklemtoon hoe belangrik dit is om sosio-ekonomiese ongelykheid aan te spreek, veral deur werkskepping en volhoubare ekonomiese groei.

Sentraal in die bespreking was die behoefte aan geteikende aksies om geweld teen vroue en meisies te bekamp. Voorstelle is gemaak vir die vestiging van gespesialiseerde howe en polisie-eenhede en om doeltreffende implementering van bestaande wette te verseker. 'n Betoog is gelewer dat die grondoorsake van geslagsgebaseerde geweld, soos patriargale samelewingstrukture en houdings, aangespreek moet word.

Tasbare veranderings

Verskeie paneellede het die kritieke rol van vroe? kinderontwikkeling beklemtoon en die behoefte aan opvoedkundige hervormings om te verseker dat alle kinders, insluitend diegene met spesiale behoeftes, toegang tot gehalte-onderwys het. In die bespreking het hulle ook die belangrikheid benadruk om opvoedkundige uitkomste met markbehoeftes te belyn ten einde indiensneembaarheid en ekonomiese onafhanklikheid vir jong vroue te verseker.

Verskeie sprekers het beto? gelewer vir die opgradering van openbare vervoerstelsels en stedelike beplanning om veiligheid en toeganklikheid vir vroue en kinders te verseker. Dit sluit in die versekering van veilige pendel-opsies en die aanspreek van die blywende nalatenskap van historiese ruimtelike beplanning.

Daar  is sterk klem gelê op 'n beweging van beleid na aksie, met oproepe vir tasbare veranderinge wat vroue se lewens direk raak eerder as net teoretiese besprekings. Die vroue het saamgestem oor die behoefte aan groter betrokkenheid by die burgerlike samelewing en om politieke figure aanspreeklik te hou vir hul beloftes en dade. Die ontledings het die dringendheid beklemtoon dat politici beleidsake meer direk met kiesers verbind, veral vroue wat verkiesingsuitkomste aansienlik kan be?nvloed.

Anders as sommige ander onlangse politieke debatte, het die SAAWG Gender Lens Politieke Gesprek nie driftig geraak of in 'n slegsêery ontaard nie. Dit blyk dat wanneer dit by genderkwessies kom, die meeste vroue-politici kollektief daartoe verbind is om die belange van vroue in Suid-Afrika te prioritiseer.

FOTO: Dr Gertrude Fester, Prof Sibusiso Moyo, Joy Davids (Good), Hazel Bowen, Fhatuwani Muswobi (Rise Mzansi), Nomi Nkondlo (ANC), Dr Annelie Lotriet (DA), Angela Sobey (ActionSA) en prof Amanda Gouws.