肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
? Dag in die Lewe: Khanyisa Xinwa
Outeur: Corporate Communications and Marketing
Gepubliseer: 13/05/2024

Khanyisa Xinwa is die Studente-ondersteuningsko?rdineerder by die Universiteit Stellenbosch (US) se Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe, waar sy noodsaaklike leiding gee aan voorgraadse studente wat verskeie uitdagings die hoof moet bied. Met ? agtergrond in sielkunde en uitgebreide ondervinding in ondersteuningsrolle, is Khanyisa toegerus om ? veilige en ondersteunende omgewing vir studente te skep. Ons vier Werkersdag in Mei en dra hierdie reeks profiele op aan ons personeel en hul deurslaggewende bydraes tot die US.

Wat behels jou rol by die US? 

My rol behels om leiding en ondersteuning aan studente in die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe te bied, met die fokus op ons voorgraadse studente en kwessies wat hulle sukses as studente be?nvloed. Hierdie leiding word verskaf op grond van verskeie faktore soos akademiese, finansi?le, verblyf- en psigo-sosiale kwessies. Dit dien ook as ? primêre skakeling met ons onderskeie belanghebbendes. Ons ondersteun strukture soos ons Eenheid vir Gestremdhede, die Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling, beurse, lenings en verblyf, om net ? paar te noem. My rol behels individuele konsultasies met studente en verskaffing van pasgemaakte leiding en ondersteuning op grond van elkeen se unieke behoeftes.

Hoe lyk ? tipiese dag by die werk?

My tipiese dag op kantoor verskil van dag tot dag as gevolg van die verskillende probleme waarmee ons studente te kampe het. Ek gee daagliks aandag aan e-posse van studente wat ondersteuning of instap-afsprake versoek. Die interaksie met elke student bepaal watter stappe ons sal volg. Soms bereik ons ? oplossing gedurende die konsultasie. Ander kere moet ek verskillende ondersteuningstrukture vir bystand kontak. Dit sal óf per e-pos wees óf ek moet ons studente na ons verskillende afdelings vergesel.

Hoe het jou opvoeding of vorige ervarings jou vir hierdie taak voorberei? ? 

My opvoedkundige agtergrond in sielkunde het my op verskeie maniere vir hierdie rol voorberei. Dit laat my toe om van die moeilike en soms ontstellende konsultasies met ons studente aan te pak. Dit stel my ook in staat om empatie met ons studente te hê en leiding oor psigososiale aangeleenthede te gee. Ek het uitgebreide ondervinding in ondersteuningsrolle in korporatiewe en opvoedkundige omgewings. Hierdie ervaring kom nogal handig te pas in die wyse waarop ek met ons studentegroep omgaan en die nodige ondersteuning bied. Sowat ? jaar gelede het ek ook die voorreg gehad om by die Kli?ntediensspan in die Registrateursafdeling aan te sluit. Dit het my vertroud gemaak met ons verskillende departemente en die dienste wat hulle aan studente bied.

Wat geniet jy die meeste van jou rol en werk by die US? 

Ek geniet dit om ? veilige ruimte vir ons studente weg van die huis te bied, asook ? platform waar hulle voel hulle word gehoor. Die vermo? om ? verskil in ons studente se reis te maak en waar moontlik, die nodige ondersteuning te bied is ? bron van vreugde. Boonop stel dit my in staat om bewustheid onder ons studente te skep oor ons verskillende ondersteuningstrukture by die US en hulle verskillende rolle. My rol laat my ook toe om sommige van die kwessies wat ? student in vandag se tye raak, beter te verstaan en om empatie daarmee te hê. En laastens is dit beslis bevredigend om te sien hoe ? student soveel beter ná ons konsultasie voel.

Vertel vir ons iets opwindends oor jouself wat min mense sou verwag.

Eens op ? tyd, in my studentejare, het ek ná ? paar oudisies as aanbieder op ons plaaslike TV-skerms en op kampusradio opgetree. Dit is iets wat ek geniet het om buite my studies te doen, maar ek oorweeg dit nie om binnekort na daardie wêreld terug te keer nie. Fiksheid is vir my belangrik en ek geniet ? goeie oefensessie in die oggend om my dag mee te begin.

FOTO: Stefan Els