肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Meertaligheid verryk studente se opvoedkundige ervaring – Prof Deresh Ramjugernath
Outeur: Deresh Ramjugernath
Gepubliseer: 23/02/2024

?Deur meertaligheid in beide akademiese en sosiale ruimtes te bevorder, verryk ons nie net die opvoedkundige ervaring vir ons studente nie, maar berei ons hulle ook voor om te floreer in 'n toenemend onderling verbonde en diverse wêreld. Só skryf prof Deresh Ramjugernath, Viserektor: Leer en Onderrig, in 'n meningsartikel vir The Star ter viering van Internasionale Moedertaaldag op 21 Februarie.

  • Lees die vertaalde weergawe van die artikel hier onder of klik hier vir die stuk soos geplaas.

Deresh Ramjugernath*

In 'n wêreld wat al hoe meer onderling verbonde is en waar globalisering dikwels dreig om individuele kulture en tale te oorskadu, dien die viering van Internasionale Moedertaaldag op 21 Februarie as 'n kragtige herinnering aan die intrinsieke waarde van taaldiversiteit. Daarby het die vermo? om oor kulture en tale heen te kommunikeer en saam te werk 'n belangrike vaardigheid geword.

Unesco, 'n organisasie wat die behoud van kulturele en taaldiversiteit ten doel het, beywer hom vir die idee dat samelewings floreer wanneer hulle hul taalerfenis omarm en vier. Dit is deur taal dat tradisies van geslag tot geslag oorgedra word, wat ons kollektiewe begrip van die wêreld verryk en verdraagsaamheid en respek vir ander bevorder. Tog word taaldiversiteit toenemend bedreig namate al hoe meer tale die risiko van uitwissing in die gesig staar.

Volgens onlangse statistieke wat deur Unesco vrygestel is, het 'n verbysterende 40 persent van die wêreldbevolking wêreldwyd nie toegang tot onderwys in 'n taal wat hulle praat of verstaan nie. Hierdie statistiek herinner sterk aan die dringende behoefte om meertalige onderrig te prioritiseer, veral in vroe? skoolopleiding, ten einde te verseker dat alle individue die geleentheid het om in hulle eie taalkundige kontekste te leer, te groei en te floreer. Moedertaalonderrig ondersteun nie net leer en geletterdheid nie, maar lê ook die grondslag vir die verwerwing van addisionele tale, wat 'n kultuur van lewenslange leer en kennisoordrag tussen geslagte bevorder.

Dit is dus gepas dat die tema van vanjaar se Internasionale Moedertaaldag "Meertalige onderwys is 'n pilaar van leer tussen geslagte" is, aangesien dit tot die transformerende krag van taal in die vorming van die onderwyslandskap, veral die ho?ronderwyssektor, spreek. Dit is veral van toepassing in 'n land soos Suid-Afrika waar sommige studente by die universiteit aankom sonder die taalvaardighede wat nodig is om op hierdie vlak sukses te behaal.

Ons is by die Universiteit Stellenbosch daartoe verbind om aan ons studente geleenthede te bied om binne en buite die klaskamer met meertaligheid om te gaan. Ons erken dat meertaligheid nie net 'n konsep is nie; dit is 'n lewendige tapisserie verweef in die weefsel van ons identiteit en 'n hoeksteen van ons verbintenis tot die bevordering van inklusiewe akademiese en sosiale praktyke. Daarom neem ons meertalige onderrig ernstig op. Meertaligheid, wat die gesamentlike bestaan van verskeie tale is, verryk nie net ons begrip van verskillende kulture nie, maar verbeter ook kognitiewe vermo?ns, probleemoplossingsvaardighede en aanpasbaarheid.

Ons Taalsentrum was die afgelope paar weke aan die spits van inisiatiewe wat daarop gemik is om ons betrokkenheid by meertaligheid te verdiep. Deur werkswinkels wat ons amptelike verwelkomingsprogam voorafgegaan het en medewerking met studenteleiers, het ons ruimtes geskep waar taal as 'n brug eerder as 'n versperring dien, wat 'n omgewing bevorder waar elke stem gehoor en gewaardeer word.

Ons verbintenis tot meertaligheid strek verder as sosiale interaksies; dit sypel ook deur na die akademiese sfeer. Samewerkingsprojekte soos die ontwikkeling van 'n omvattende skyfiepakket oor meertaligheid en inisiatiewe soos die Nasionale Skryfsentrumwedstryd beklemtoon ons toewyding tot die koestering van taaltalent en die bevordering van kruiskulturele uitruiling.

Die bevordering van meertaligheid is sosiaal en akademies van groot belang. Eerstens bevorder dit kulturele begrip en respek deur kommunikasie tussen uiteenlopende taal- en kultuurgroepe te fasiliteer en 'n gevoel van wêreldburgerskap te kweek. Deur studente te akkommodeer wie se eerste taal van die oorheersende onderrigtaal kan verskil, word akademiese inklusiwiteit en gelyke toegang tot onderwys verseker.

Boonop bied meertaligheid kognitiewe voordele soos verbeterde probleemoplossing, kreatiwiteit en veeltaakverrigtingvaardighede, wat akademiese prestasie en verstandelike vlugheid verbeter. Professioneel bied vaardigheid in verskeie tale geleenthede in die wêreldwye arbeidsmark, wat individue in staat stel om doeltreffend oor grense heen te kommunikeer. Daarbenewens speel dit 'n deurslaggewende rol in die behoud van taaldiversiteit, iets wat noodsaaklik is vir die handhawing van kulturele erfenis en identiteit.

Meertaligheid versterk ook kommunikasievaardighede, wat doeltreffende interaksie in verskeie sosiale en akademiese kontekste moontlik maak. Verder bevorder dit verdraagsaamheid, empatie en wêreldburgerskap deur individue aan verskillende tale en kulture bloot te stel, wat 'n bre?r perspektief op wêreldkwessies bevorder. Oor die algemeen verryk die bevordering van meertaligheid lewens, bou dit sterker gemeenskappe en dra dit tot 'n meer onderling-verbonde en inklusiewe samelewing by.

Terwyl ons ons suksesse vier, is dit belangrik om erkenning te gee aan die werk wat voorlê. Ons moet voortgaan om ons pogings uit te brei om hulpbronne en ondersteuning aan meertalige onderwys te bied, om te verseker dat taaldiversiteit op elke vlak van ons instelling floreer. Deur meertaligheid in beide akademiese en sosiale ruimtes te bevorder, verryk ons nie net die opvoedkundige ervaring vir ons studente nie, maar berei ons hulle ook voor om te floreer in 'n toenemend onderling verbonde en diverse wêreld.

Terwyl ons ons suksesse vier, is dit belangrik om erkenning te gee aan die werk wat voorlê. Ons moet voortgaan om ons pogings uit te brei om hulpbronne en ondersteuning aan meertalige onderwys te bied, om te verseker dat taaldiversiteit op elke vlak van ons instelling floreer. Deur meertaligheid in beide akademiese en sosiale ruimtes te bevorder, verryk ons nie net die opvoedkundige ervaring vir ons studente nie, maar berei ons hulle ook voor om te floreer in 'n wêreld wat toenemend onderling verbonde en divers is.

Uiteindelik gaan die omarming van meertaligheid oor meer as net die praat van verskillende tale; dit gaan oor die bevordering van begrip, empatie en konneksie regoor kulturele verdeeldheid heen. Terwyl ons Internasionale Moedertaaldag vier, laat ons ons verbintenis herbevestig om die rykdom van taaldiversiteit wat ons as 'n Universiteitsgemeenskap definieer, te vier. Laat ons saam voortgaan om 'n toekoms te bou waar elke stem gehoor, gerespekteer en gewaardeer word.

*Professor Deresh Ramjugernath is Viserektor: Leer en Onderrig by die Universiteit Stellenbosch. ?