Kontak:Shanté Neff
-
Plek: Neelsie Student Centre entrance (Rooiplein)
U word hartlik uitgenooi om by ons aan te sluit vir 'n Stapdialoog op die Stellenbosch-kampus, waar ons verby belangrike institusionele bakens sal stap wat veerkragtigheid, verandering en transformasie simboliseer. Hierdie reflektiewe staptog, ge?nspireer deur Mandela se “Long Walk to Freedom", bied 'n insiggewende geleentheid vir gesprekvoering oor geregtigheid, waardigheid en billikheid.
Hierdie ervaring beoog die bevordering van 'n dieperliggende begrip van die verlede en terselfdertyd ook om aksie in die hede aan te moedig.
📅 Datum: Dinsdag, 22 Julie 2025
📍 Plek: Beginpunt – Neelsie Studentesentrum ingang (Rooiplein)
? Tyd: 12:00 – 14:00
👣 Teikengehoor: Oop vir alle US-studente en -personeel
Teken hier in om saam te stap
