肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Indiening van Kreatiewe Uitsette vir subsidie-doeleindes 2023

?Indiening van Kreatiewe Uitsette vir subsidie-doeleindes

Navorsers het nou die geleentheid om hulle kreatiewe uitsette in te dien by die Departement van Ho?r Onderwys en Opleiding (DHOO) vir formele erkenning en subsidie-doeleindes.
Die interne sluitingsdatum vir indien van hierdie uitsette is Maandag, 3 April 2023.

Voltooi asb. die aanlyn vorm vir elke indiening:  https://redcap.sun.ac.za/surveys/?s=YL8439MATD4PCA8X
Let op dat die name en kontakbesonderhede van twee eweknie beoordelaars ook verskaf moet word in die aanlyn aansoek.
 Die databank Figshare (https://figshare.com) is beskikbaar as platform om 'n skakel van die uitset te deel.


 Ons wil graag sekere belangrike aspekte uitlig:
 Kategorie? wat kwalifiseer vir subsidie asook kontakpersone indien verdere inligting spesifiek tot die kategorie verlang word:
-    Skone Kunste & Visuele Kunste (Dr Kathryn Smith kathryns@sun.ac.za)
-    Musiek (Prof Mario Nell mdn@sun.ac.za  & Dr Esther Marie Pauw empauw@sun.ac.za
-    Teater, Opvoerings & Dans (Dr Mareli Pretorius mareli@sun.ac.za)
-    Ontwerp (Dr Kathryn Smith kathryns@sun.ac.za)
-    Rolprent & Televisie (Dr Mareli Pretorius mareli@sun.ac.za)
-    Literêre Kuns (Dr Willem Anker anker@sun.ac.za)

Kontakpersone vir algemene navrae:
o    Whitney Prins                           (021 808 9971; whitney@sun.ac.za)
o    Felicia Mc Donald                    (021 808 2581; fmcdonald@sun.ac.za)
o    Daléne Pieterse                        (021 808 3557; mver@sun.ac.za)
o    Maryke Hunter-Hüsselmann (021 808 4623; mh3@sun.ac.za)

Kontakpersoon vir hulp met die aanlyn vorm:
o    Jennifer De Beer                         (021 808 9444; jad@sun.ac.za)

 Uitsetjare waarvoor aansoeke ingedien kan word:
n-3 maw vir hierdie rondte sal uitsette wat gelewer is in die periode 2020-2022 in aanmerking kom.

NB: Let asseblief daarop dat onvolledige aansoeke nie in aanmerking sal kom nie en nie geprosesseer kan word vir subsidie nie.


Neem asseblief kennis: Die interne sluitingsdatum is onderhewig aan verandering sodra die DHOO die finale datums in Januarie 2023 aankondig. U mag dalk ook versoek word om bykomende inligting in te dien sou die DHOO wysigings aan hul indieningsvorms maak. Dit sal ook in Januarie 2023 gekommunikeer word.

Neem asb kennis: Ons het nog nie terugvoer van die DHOO ontvang met betrekking tot die vorige voorlegging van kreatiewe uitsette nie, maar die sperdatum is van so ? aard dat ons nou met ons interne proses moet begin vir die volgende rondte. Ons wil graag die navorsingsgemeenskap aanmoedig om asseblief hul werk vir hierdie rondte in te dien. Terugvoer sal met almal gedeel word wat uitsette verlede jaar ingedien het sodra dit beskikbaar is.